Numbers 16:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan julle op uit hierdie vergadering, dat Ek hulle kan verteer soos in 'n oomblik. En hulle het op hul aangesig geval.
Afrikaans (NLV) 2011 “Staan weg van hierdie mense. Ek wil hulle in ’n oogwink vernietig.” Moses het op die grond neergeval.
Afrikaans 1933/1953 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in 'n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,
Afrikaans 1983 “Gee pad tussen die gemeente uit dat Ek hulle in 'n oogwink kan verdelg.” Moses en Aäron het op hulle knieë geval en gebid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan weg van hierdie volksvergadering, sodat Ek hulle in 'n oogwink kan vernietig.” Hulle het op hulle gesigte neergeval,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet weggaan van die volksvergadering, Ek wil hulle nou dadelik laat sterf.” Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gee pad voor hierdie mense, want Ek wil hulle in ’n oogwink van die aarde af wegvee!” Moses en Aäron het op hulle knieë voor die Here neergeval.