Numbers 16:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die vergadering teen Moses en Aäron vergader het, het hulle na die tent van samekoms gekyk; en kyk, die wolk het dit oordek, en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israeliete om hulle begin saamdrom, het Moses en Aäron omgedraai na die tabernakel toe. Die wolk het oor die tabernakel kom hang. Die magtige teenwoordigheid van die Here het verskyn.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
Afrikaans 1983 Toe die gemeente teen Moses en Aäron bymekaarkom en na die tent van ontmoeting toe draai, het die wolk die tent bedek en het die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die volksvergadering teenoor Moses en Aäron stelling inneem, het hulle in die rigting van die Tent van Ontmoeting gedraai. Skielik het die wolk dit bedek, en het die heerlikheid van die Here verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het opstandig geword teen Moses en Aäron, maar toe hulle kyk na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, toe was die wolk oor die tent en toe sien hulle die lig wat om die Here, die Koning, is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die klomp mense nog besig was om met Moses en Aäron te stry, het iets hulle aandag getrek daar by die tent waar die Here aanbid word. Die wolk van die Here het oor die tent neergesak en die verblindende helder lig van die Here se teenwoordigheid het daaruit geskyn.