Numbers 16:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Julle het die volk van die HERE gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net die volgende dag het die Israeliete weer teenoor Moses en Aäron begin kla. Hulle het gesê: “Julle het die volk van die Here vermoor!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Julle het die volk van die HERE gedood. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende môre het die hele gemeente van Israel teen Moses en Aäron in verset gekom en gesê: “Júlle het die volk van die Here doodgemaak!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volksvergadering van die Israeliete het die volgende oggend teenoor Moses en Aäron gemor: “Dit is julle wat die volk van die Here doodgemaak het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende dag het die hele volksvergadering van die Israeliete vir Moses en Aäron beskuldig. Hulle het gesê: “Julle het die volk van die Here doodgemaak!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net die volgende dag het die hele volk teen Moses en Aäron in opstand gekom en vir hulle gesê: “Julle het die Here se volk uitgemoor!” |