Numbers 16:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om 'n gedagtenis te wees vir die kinders van Israel, dat geen vreemdeling wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE te bring nie; dat hy nie wees soos Korag en soos sy menigte nie, soos die HERE deur die hand van Moses aan hom gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sou vir die Israeliete ’n waarskuwing wees dat niemand wat nie uit die nageslag van Aäron kom, sommer mag naderkom om wierook voor die Here te brand nie. Anders sal so ’n persoon soos Korag en sy meelopers word waarteen die Here deur Moses gewaarsku het. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n aandenking vir die kinders van Israel, sodat 'n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan hom deur die diens van Moses gesê het. |
| Afrikaans 1983 | Dit moes die Israeliete altyd daaraan herinner dat iemand wat nie uit Aäron se geslag is nie en dus nie daartoe bevoeg is nie, nie 'n wierookoffer na die altaar toe mag bring om dit aan die Here te offer nie. Anders sal so 'n persoon soos Korag en sy bende word oor wie die Here deur middel van Moses uitspraak gelewer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit dien as 'n herinnering aan die Israeliete, sodat geen onbevoegde persoon wat nie uit die nageslag van Aäron is, sal nader kom om reukwerk in die teenwoordigheid van die Here te brand nie, en hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos wat die Here by monde van Moses vir hom gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Israeliete die plate sien, dan moes hulle onthou dat net iemand van die nageslag van Aäron by die altaar mag kom om wierook te brand. As iemand anders daar wierook brand, dan sal dieselfde met daardie persoon gebeur wat met Korag en sy vriende gebeur het. Die Here het vir Moses gesê hy moet dit vir die Israeliete sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit moes die Israeliete daaraan herinner dat iemand wat nie ’n afstammeling van Aäron was, nie die reg gehad het om ooit die wierookoffer na die altaar van die Here toe te bring nie. As iemand dit wel sou waag, sou dieselfde lot hom tref as wat Korag en sy volgelinge getref het. |