Numbers 16:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die vuurpanne van hierdie sondaars teen hulle eie siele vir hulle breë plate maak as 'n bedekking van die altaar; want hulle het dit voor die aangesig van die HERE geoffer, daarom word hulle geheilig; en dit sal 'n teken wees vir die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet die vuurpanne van die mans wat met hulle lewens vir hulle oortredings betaal het, uitrol om daarvan ’n deksel vir die altaar te maak. Die vuurpanne is in die teenwoordigheid van die Here gebruik en behoort dus nou aan Hom. Hierdie deksel sal vir die Israeliete ’n waarskuwingsteken wees.”
Afrikaans 1933/1953 naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as 'n oortreksel vir die altaar. Want hulle het die voor die aangesig van die HERE gebring -- daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel 'n teken wees.
Afrikaans 1983 Van die vuurpanne van die manne wat deur hulle sonde gesterf het, moet julle dun plate maak en die altaar daarmee oortrek, want hulle is by die altaar gebruik en is aan die Here gewy. Hulle moet die Israeliete altyd aan hierdie gebeure herinner.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die vuurpanne van daardie sondaars wat met hulle lewens betaal het – maak uitgeklopte plate daarvan, plaatwerk vir die altaar. Omdat hulle dit in die teenwoordigheid van die Here gebring het, is dit heilig. Dit sal dien as 'n teken vir die Israeliete.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die panne van hierdie sondaars wat gesterf het, is nou gewyd. Julle moet die panne plat slaan en die plate teen die altaar vasmaak. Die manne het die panne naby die altaar gebring, daarom is die panne gewyd, en die plate moet vir die Israeliete 'n teken wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie bakke behoort nou aan die Here. Al die manne aan wie dit behoort het, het sonde gedoen en met hulle lewe daarvoor geboet. Slaan dan al hierdie koperbakke plat en maak ’n deksel daarmee wat bo-oor die altaar kan pas. Elke keer as die Israeliete hierdie deksel sien, sal dit hulle aan hierdie verskriklike gebeurtenis herinner.”