Numbers 16:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat reukwerk gebring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vuur het toe van die Here af gekom en dit het die 250 mans verteer wat nadergekom het om die wierook te brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het 'n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here 'n vuur gestuur en dit het die twee honderd en vyftig man wat die wierookoffer wou bring, verteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vuur het van die Here af uitgegaan en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk nadergebring het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die Here 'n vuur gestuur, en die 250 mans wat die wierook wou offer, het verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die Here die ander 250 leiers wat met hulle vuurpanne en wierook by die tent gestaan het waar Hy aanbid word, met ’n groot vuur verbrand. |