Numbers 16:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir die geroep van hulle, want hulle het gesê: Dat die aarde ons nie ook verslind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle hoor hoe hierdie mense gil, het al die Israeliete wat rondom hulle gestaan het, op die vlug geslaan. Hulle was bang die grond gaan hulle ook insluk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons! |
| Afrikaans 1983 | Al die Israeliete in die omgewing het gevlug toe hulle die geskree hoor, want hulle het gedink: dalk sluk die aarde ons ook in! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele Israel wat om hulle was, het gevlug oor hulle geskreeu, omdat hulle gedink het, anders verswelg die aarde hulle ook! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die Israeliete naby hulle het gevlug toe hulle hoor hoe skree die mense. Die Israeliete was bang dat die aarde hulle ook sal insluk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander mense wat daar naby was en hulle gille gehoor het, het dadelik weggehardloop omdat hulle bang was dieselfde lot tref hulle ook. |