Numbers 16:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle en almal wat aan hulle behoort het, het lewendig in die kuil neergedaal, en die aarde het hulle toegesluit, en hulle het omgekom onder die vergadering uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het met alles wat hulle besit net so lewendig in die grond verdwyn. Die grond het bo hulle toegegaan. Hulle het heeltemal uit die gemeenskap verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering. |
| Afrikaans 1983 | Hulle en alles wat aan hulle behoort, het lewend in die doderyk afgegaan; die aarde het hulle bedek, en so het hulle uit die gemeente verdwyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle en alles wat aan hulle behoort, het lewend afgedaal na die doderyk. Die aarde het oor hulle toegegaan en hulle het verdwyn uit die midde van die geloofsgemeenskap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle en almal wat aan hulle behoort het, het lewendig afgegaan na die doderyk. Die aarde het hulle toegemaak. Hulle het verdwyn uit die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is almal lewendig in die skeur begrawe. Daar het niks oorgebly wat iemand aan hulle kon herinner nie. |