Numbers 16:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die aarde het haar mond oopgemaak en hulle verslind en hulle huise en al die manne wat aan Korag behoort het, en al hulle besittings.
Afrikaans (NLV) 2011 Die aarde het oopgegaan en hulle en hulle huisgesinne ingesluk. Dit het ook Korag en sy trawante en alles wat hulle besit het, ingesluk.
Afrikaans 1933/1953 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.
Afrikaans 1983 en maak die aarde sy mond oop en sluk vir Datan en Abiram met hulle gesinne in en ook vir Korag en al die manne by hom saam met hulle besittings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die aarde het sy mond oopgemaak en hulle en hulle huisgesinne verswelg – ja, al die mense wat aan Korag behoort, en al hulle besittings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die aarde het sy mond oopgemaak en dit het hulle huisgesinne ingesluk, elkeen wat saam met Korag was, en alles wat aan hulle behoort het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) toe skeur die aarde oop sodat Datan, Abiram en hulle gesinne daarin kan val. Dieselfde lot het ook vir Korag en sy ondersteuners getref.