Numbers 16:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die HERE iets nuuts maak en die aarde sy mond oopmaak en hulle verslind, met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewend in die kuil neerdaal; dan sal julle verstaan dat hierdie manne die HERE geterg het.
Afrikaans (NLV) 2011 As die Here egter iets eienaardigs laat gebeur en die grond skeur oop en sluk hulle met al hulle besittings in en hulle sink lewendig in die grond weg, dan sal julle weet dat hierdie mans die Here getart het.”
Afrikaans 1933/1953 Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.
Afrikaans 1983 Maar as die Here iets nuuts laat gebeur en die aarde sy mond oopmaak en hulle insluk saam met alles wat aan hulle behoort, sodat hulle lewend in die doderyk afgaan, sal julle weet dat hierdie mense die Here geminag het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die Here iets nuuts skep, as die aarde sy mond oopsper en hulle verswelg met alles wat aan hulle behoort, sodat hulle lewend na die •doderyk afdaal, sal julle weet dat hierdie mense die Here geminag het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die Here iets anders laat gebeur, en as die aarde sy mond oopmaak en hy sluk hulle in saam met alles wat aan hulle behoort, en as hulle lewendig afgaan na die doderyk, dan moet julle weet dat hierdie mense gewys het dat die Here nie vir hulle belangrik is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as die Here nou ’n wonderwerk doen en die aarde laat oopskeur, sodat hulle met hulle gesinne en al hulle besittings in die skeur inval en lewendig begrawe word, sal julle weet dat hierdie mense die rug vir die Here gedraai het.”