Numbers 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en vir hulle gesê: Julle neem te veel op julle, aangesien die hele vergadering heilig is, elkeen van hulle, en die HERE in hulle midde is; daarom verhef julle julle dan bo die gemeente van die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het by Moses en Aäron bymekaargekom en vir hulle gesê: “Julle dink te veel van julleself. Almal van die gemeenskap is tog vir God afgesonder. Die Here is onder ons almal. Waarom beskou julle julleself belangriker as die res van die Here se volk?”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?
Afrikaans 1983 Hulle het as 'n groep teen Moses en Aäron saamgekom en vir hulle gesê: “Dit is nou genoeg. Die hele gemeente, elke lid daarvan, is gewyd, en die Here is by hulle. Waarom verhef julle julle dan bo die gemeente van die Here?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hulle teen Moses en Aäron opgestel en vir hulle gesê: “Julle gaan nou te ver! Want die hele volksvergadering, hulle almal, is heilig, en die Here is in hulle midde. Waarom verhef julle julleself bo die geloofsgemeenskap van die Here? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en vir hulle gesê: “Julle wil alles self doen. Almal in die volk is gewyd, en die Here is by hulle. Hoekom wil julle regeer oor die volk van die Here?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie groep het na Moses en Aäron toe gegaan en vir hulle gesê: “Julle het nou te ver gegaan! Hierdie hele volk is vir die Here kosbaar en Hy het hulle almal vir Hom uitgekies. Wie dink julle is julle om te maak asof julle belangriker is as enigiemand anders?”