Numbers 16:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hierdie manne die gewone dood van alle mense sterf, of as hulle besoek word na die besoek van alle mense; dan het die HERE my nie gestuur nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As hierdie mense op ’n natuurlike manier doodgaan, dan het die Here my nie gestuur nie.
Afrikaans 1933/1953 as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.
Afrikaans 1983 As hierdie manne 'n gewone dood sterf en dit met hulle gaan soos dit met elke mens gaan, het die Here my nie gestuur nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As hierdie mense soos elke ander mens sterf, die lot van elke mens hulle ook tref, het die Here my nie gestuur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hierdie mense sterf soos mense gewoonlik sterf, as dieselfde met hulle gebeur wat met al die mense gebeur, dan het die Here my nie gestuur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hierdie mense op ’n natuurlike manier doodgaan, soos enigiemand anders, het die Here my nie gestuur nie.