Numbers 16:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen; want ek het dit nie uit my eie gemoed gedoen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Moses gesê: “Julle sal hieraan weet dat ek nie uit my eie optree nie, maar dat die Here my gestuur het om hierdie dinge te doen.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:
Afrikaans 1983 Toe sê Moses: “Hieraan sal julle weet dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge te doen en dat dit nie uit myself is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gesê: “Hieraan sal julle weet dat die Here my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat dit nie uit my eie is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Moses: “Julle sal nou weet dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge te doen, julle sal weet dat ek nie self besluit het om dit te doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Moses: “Julle sal nou self sien of die Here my gestuur het om al hierdie dinge te doen en of ek dit uit my eie doen.