Numbers 16:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het met die vergadering gespreek en gesê: Gaan tog tog weg van die tente van hierdie goddelose manne en raak niks van hulle aan nie, sodat julle nie in al hulle sondes omkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het met die mense gepraat en vir hulle gesê: “Staan terug van hierdie slegte mans se tente af! Moet aan niks vat wat aan hulle behoort nie sodat julle nie ook saam vernietig word deur al hulle oortredings nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir die gemeente: “Gee pad van die tente van hierdie goddelose mense af! Moenie aan iets van hulle raak nie, dat julle nie deur al hulle sondes omkom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe praat hy met die volksvergadering en sê: “Kom tog weg van die tente van hierdie bose manne! Moenie aan enigiets raak wat aan hulle behoort nie, anders word julle meegesleur oor al hulle sonde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die volk gesê: “Asseblief, gaan weg van die tente van hierdie slegte mense en moenie aan iets raak wat aan hulle behoort nie, sodat julle nie verdwyn omdat hulle sonde gedoen het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar aangekom, sê hy vir die mense wat daar bymekaargekom het: “Gee dadelik pad van hierdie goddelose mense se tente af. Moenie aan iets raak wat aan hulle behoort nie, want as julle dit doen, sal julle saam met hulle oor hulle sonde doodgemaak word.”