Numbers 16:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het op hul aangesig geval en gesê: O God, God van die geeste van alle vlees, sal een mens sondig, en sal U toornig wees op die hele vergadering? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron het toe op die grond neergeval. Hulle het gesmeek: “O God, die God wat asem gee vir alles wat lewe. Moet U nou vir die hele gemeenskap kwaad word net oor een mens wat oortree het?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word? |
| Afrikaans 1983 | Maar Moses en Aäron het op hulle knieë geval en gebid: “O God, God wat aan alle mense die lewe gee, sal u toorn teen die hele gemeente ontvlam as net een mens gesondig het?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het op hulle gesigte neergeval en gesê: “O God, die God wat lewensasem gee aan alle vlees, gaan U vir die hele volksvergadering vertoornd wees wanneer een man sondig?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het gesê: “O God, U gee vir almal die lewe. Net een persoon het sonde gedoen, hoekom is U nou kwaad vir die hele volk?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Moses en Aäron het op hulle knieë neergeval en begin bid: “O God, U is die bron van alles wat lewe. Gaan U nou al hierdie mense doodmaak omdat U kwaad is oor een man se sonde?” |