Numbers 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het opgestaan voor Moses, saam met sommige van die kinders van Israel, twee honderd en vyftig owerstes van die vergadering, bekendes in die vergadering, bekendes; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het saam met 250 mans uit die Israeliete teen Moses in opstand gekom. Hulle was almal bekende leiers wat deur die gemeenskap aangewys is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam. |
| Afrikaans 1983 | teen Moses in opstand gekom. Saam met hulle was twee honderd en vyftig Israelitiese mans, leiers van die gemeenskap wat deur die volksvergadering aangewys is, manne van aansien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle en tweehonderd-en-vyftig mans van die Israeliete, leiers van die volksvergadering wat vir die geleentheid opgeroep is, manne van aansien, het voor Moses gaan staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe met 250 ander prominente leiers van die gemeenskap kragte saamgesnoer om van Moses as leier ontslae te raak. |