Numbers 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Korag het die hele vergadering teen hulle versamel by die ingang van die tent van samekoms, en die heerlikheid van die HERE het aan die hele vergadering verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Korag het die volk teen hulle opgesweep. Hulle het by die ingang van die tabernakel kom staan. Toe het die hele gemeenskap bewus geword van die Here se magtige teenwoordigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering. |
| Afrikaans 1983 | Net toe Korag die hele gemeente teenoor Moses-hulle by die ingang van die tent van ontmoeting laat saamkom, word die magtige teenwoordigheid van die Here vir die hele gemeente sigbaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Korag het die hele volksvergadering teenoor hulle laat stelling inneem by die ingang van die Tent van Ontmoeting; en toe verskyn die heerlikheid van die Here aan die hele volksvergadering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Korag het die hele volksvergadering bymekaargeroep by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy het die volksvergadering opstandig gemaak teen Moses en Aäron. Maar toe sien die hele volksvergadering die lig wat om die Here, die Koning is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het Korag ook die res van die Israeliete teen Moses en Aäron opgestook en hulle het ook daar by die tent kom staan. Die volgende oomblik het die verblindende lig van die Here se teenwoordigheid vir almal sigbaar geword. |