Numbers 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Moses baie kwaad geword en aan die HERE gesê: Moenie ag gee op hulle offer nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe baie kwaad geword. Hy het vir die Here gesê: “Moenie hulle graanoffers aanvaar nie. Ek het nie eers ’n donkie by een van hulle gevat nie. Ek het nooit enigeen van hulle benadeel nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie. |
| Afrikaans 1983 | Moses het baie kwaad geword en vir die Here gesê: “U moet hulle offergawe nie aanneem nie! Ek het nie 'n enkele donkie van hulle gevat nie en nie een van hulle benadeel nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het baie kwaad geword en vir die Here gesê: “U moet nie ag slaan op hulle offergawe nie. Ek het nie 'n enkele donkie van hulle geneem nie, en ek het nie een van hulle kwaad aangedoen nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het baie kwaad geword. Hy het vir die Here gesê: “U moenie die offers neem wat hulle vir U wil gee nie. Ek het niks van hulle gevat nie en ek het niks verkeerd gedoen aan hulle nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het baie kwaad geword vir hulle. Toe sê hy vir die Here: “Moenie hulle offers aanvaar nie. Ek het nooit enigeen van hulle te na gekom of selfs ’n eenvoudige dier soos ’n donkie van hulle gevat nie.” |