Numbers 16:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het U ons nie gebring in 'n land wat oorloop van melk en heuning nie, of ons 'n erfdeel van lande en wingerde gegee nie; sal U die oë van hierdie manne blus? ons sal nie opkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het ons glad nie na ’n vrugbare land toe laat kom nie. Jy het ons nie landerye en wingerde gegee om te besit nie. Probeer jy hierdie mense ’n rat voor die oë draai? Ons sal nie kom nie!”
Afrikaans 1933/1953 Ook het jy ons nie gebring in 'n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
Afrikaans 1983 Bowendien het jy ons nie gebring na 'n land toe wat oorloop van melk en heuning nie, en ook nie vir ons lande en wingerde gegee nie. Wil jy hierdie mense aanhou mislei? Ons sal nie kom nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarby het jy ons nie na 'n land gebring wat oorloop van melk en heuning nie, en jy het nie vir ons 'n erfdeel van lande en wingerde gegee nie. Wil jy hierdie manne se oë verblind? Ons sal nie gaan nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het ons nie na 'n vrugbare land geneem en vir ons koringlande en wingerde gegee wat aan ons kan behoort nie. Wil jy aanhou om hierdie manne te bedrieg? Ons sal nie kom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat meer is, jy het ons beslis nie na ’n vrugbare land toe gebring nie en hier is ook nie lande of wingerde wat ons kan erf nie. Dink jy jy kan ons aanhou mislei? Ons sal nie na jou toe kom nie!”