Numbers 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is dit 'n geringe ding dat U ons laat optrek het uit 'n land wat oorloop van melk en heuning, om ons in die woestyn dood te maak, as U Uself nie geheel en al 'n vors oor ons maak nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is dit nie alreeds erg genoeg dat jy ons uit die vrugbare land weggevat het om hier in die woestyn dood te gaan nie? Nou wil jy jouself nog as baas oor ons aanstel! |
| Afrikaans 1933/1953 | Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? |
| Afrikaans 1983 | Is dit nie genoeg dat jy ons laat trek het uit 'n land wat oorloop van melk en heuning om ons in die woestyn te laat omkom nie? En nou wil jy ook nog gedurig oor ons baasspeel! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit nie genoeg nie dat jy ons uit die land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn te laat sterf, dat jy ook nog voortdurend oor ons wil baasspeel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het ons weggeneem uit 'n vrugbare land om ons in 'n woestyn te laat sterf. Is dit nie genoeg nie? Wil jy ons nog meer laat swaarkry? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n vrugbare land soos Egipte laat wegtrek het om ons hier in die woestyn te laat doodgaan nie?” het hulle gevra. “Dink jy jy kan nou nog baasspeel ook oor ons? |