Numbers 16:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom is jy en jou hele menigte teen die HERE versamel, en wat is Aäron dat julle teen hom murmureer? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat het julle teen Aäron? Dis teen die Here wat jy en jou trawante saamsweer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? |
| Afrikaans 1983 | Dat julle julle teen Aäron verset, is niks nie, maar jy en jou hele bende het 'n komplot teen die Here gesmee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die Here saamspan. Maar Aäron, wie is hy dat julle oor hom mor?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit weet, jy en al jou vriende is opstandig teen die Here self. Hoekom beskuldig julle nou vir Aäron?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle dink dit is Aäron teen wie julle in opstand kom, maar besef julle nie dat dit eintlik teen die Here is wat julle rebelleer nie? Wie is Aäron na alles?” |