Numbers 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, en Datan en Abiram, die seuns van Eliab, en On, die seun van Pelet, die seuns van Ruben, het manne geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Korag, die seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het saamgesweer met Datan en Abiram, die seuns van Eliab en met On, die seun van Pelet. Hulle was van Ruben se stam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Ab¡ram, seuns van El¡ab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, |
| Afrikaans 1983 | Korag seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het saam met die Rubeniete Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On seun van Pelet |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Korag, seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On, seun van Pelet, uit die nageslag van Ruben, geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [1-2] Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Korag die seun van Jishar, een van die afstammelinge van Kehat die seun van Levi, na Datan en Abiram toe gegaan en ’n plan met hulle bespreek om teen Moses se leierskap in opstand te kom. Hulle twee was die seuns van Eliab en hulle was lede van die stam van Ruben. Hulle het ook Pelet se seun On by hierdie sameswering betrek. |