Numbers 15:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vierde deel van 'n hin wyn as drankoffer moet jy saam met die brandoffer of slagoffer vir een lam berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met ’n lam wat as brandoffer of gewone offer aangebied word, moet ook ’n liter wyn as drankoffer gebring word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wyn vir die drankoffer, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam. |
| Afrikaans 1983 | “Saam met elke lam wat as brandoffer of ander diereoffer gebring word, moet jy 'n liter wyn as drankoffer aanbied. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En 'n kwart hin wyn moet jy as •drankoffer bring by die brandoffer of die maaltydoffer, vir elke lam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met elke skaap-lam wat 'n brand-offer of 'n ander offer is, moet jy ook 'n kwart hin wyn gee om 'n drank-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saam met elke lam wat as ’n brandoffer of ’n slagoffer aan My geoffer word, moet julle ook ’n liter wyn as drankoffer saambring. |