Numbers 15:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat julle al my gebooie kan onthou en doen en heilig kan wees aan julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Die klossies sal julle daaraan herinner om alles te doen wat die Here gesê het. Julle moet toegewyd wees aan julle God.
Afrikaans 1933/1953 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.
Afrikaans 1983 Julle moet aan al my gebooie dink en hulle onderhou sodat julle aan My gewy sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is sodat julle al my gebooie sal onthou en uitvoer, en sodat julle heilig kan wees vir julle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal alles onthou wat Ek vir julle gesê het en julle sal dit doen en julle sal gewy wees aan My, julle God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dié manier sal julle gereeld aan my opdragte herinner word. Julle sal weet dat julle totaal en al aan My behoort en vir my diens opsy gesit is.