Numbers 15:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet hy wat sy offer aan die HERE bring, 'n spysoffer bring van 'n tiende deel meel gemeng met 'n vierde deel van 'n hin olie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die persoon wat dit vir die Here offer, moet dan ook ’n graanoffer van een en ’n half kilogram meel, gemeng met een liter olie vir die Here bring.
Afrikaans 1933/1953 dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;
Afrikaans 1983 dan moet die een wat sy offer bring, vir My ook 'n graanoffer bring van een en 'n half kilogram meel, gemeng met een liter olie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet die persoon wat sy gawe vir die Here aanbied, 'n •graanoffer bring wat bestaan uit 'n tiende van 'n efa gesifte meel, klam gemaak met 'n kwart hin olyfolie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet hy saam met sy offer ook 'n koring-offer gee. Die koring-offer moet 'n tiende wees van 'n efa van die beste meel wat julle meng met 'n kwart hin olyf-olie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die persoon wat so ’n offer vir My bring, moet daarmee saam ook vir My ’n graanoffer bring, wat bestaan uit een en ’n half kilogram meel, gemeng met ’n liter olyfolie.