Numbers 15:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet vir julle as 'n kuif wees, dat julle dit kan aanskou en aan al die gebooie van die HERE dink en dit doen; en dat julle nie julle eie hart en julle eie oë soek nie, waarna julle gehoereer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer julle dit sien, sal julle aan al die gebooie van die Here dink sodat julle dit kan nakom. Moenie agter julle eie begeertes en wense aanhardloop soos julle geneig is om te doen nie.
Afrikaans 1933/1953 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
Afrikaans 1983 As julle die klossies sien, moet julle dink aan al my gebooie sodat julle dit onderhou en nie die sondige begeertes van julle hart en oë navolg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal julle kenmerkende tossels wees en wanneer julle dit sien, sal julle dink aan al die gebooie van die Here en dit uitvoer. Julle sal nie julle harte en oë volg, waardeur julle verlei word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die tossels hê, want wanneer julle die tossels sien, dan sal julle alles onthou wat Ek gesê het en julle sal dit doen. Dan sal julle nie doen wat julle self graag wil doen nie en julle sal nie ontrou word aan My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie tosseltjies moet julle aan al die Here se opdragte herinner. Elke keer as julle dit sien, sal julle aan My en my voorskrifte dink. Dan sal julle nie in die versoeking kom om My te verlaat en agter julle eie begeertes aan te loop nie.