Numbers 15:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle dat hulle vir hulle fraiings maak aan die rande van hulle klere in hulle geslagte, en dat hulle aan die rand van die rande 'n pers band moet sit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die Israeliete: Julle moet vir julle klossies maak om aan die soom van julle klere vas te werk. Elke geslag moet dit doen. Werk dit met blou gare aan julle klere vas.
Afrikaans 1933/1953 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.
Afrikaans 1983 “Sê vir die Israeliete hulle moet aan die some van hulle klere klossies vaswerk. Dit geld ook vir hulle nageslag. Hulle moet 'n blou toutjie aan die hoekklossies vaswerk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle dat hulle vir hulle tossels aan die soom van hulle klere moet maak – ook hulle nageslagte. En dat hulle aan die tossels by die soom 'n draad pers wol moet vasmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê dat hulle en hulle nageslag tossels aan die hoeke van hulle bo-klere moet sit, en hulle moet 'n blou toutjie vasmaak aan die tossels op elke hoek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir die Israeliete hulle moet vir hulle tosseltjies maak. Hulle moet hierdie tosseltjies met blou gare aan hulle klere se some vaswerk. Hulle moet dit ook in die toekoms bly doen.