Numbers 15:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hy die woord van die HERE verag en sy gebod verbreek het, sal daardie siel met die banvloek getref word; sy ongeregtigheid sal op hom wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie persoon het die woord van die Here met veragting behandel en sy wette verbreek. Hy moet heeltemal afgesny word. Hy dra self die skuld vir sy oortreding.”
Afrikaans 1933/1953 Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Di, siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
Afrikaans 1983 Omdat hy die woord van die Here verag het en sy gebooie verbreek het, moet so iemand doodgemaak word; hy moet die straf vir sy sonde dra.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hy die woord van die Here verag en sy gebod verbreek het, sal hierdie persoon beslis afgesny word. Sy sondeskuld rus op hom.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gewys dat die dinge wat Ek sê, nie vir hom belangrik is nie, hy het nie gedoen wat Ek gesê het nie, en julle moet hom afsny, dit is sy eie skuld.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat so ’n persoon die Here verwerp het en moedswillig sy reëls oortree het, moet hy die gevolge van sy daad dra: hy moet doodgemaak word.”