Numbers 15:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die siel wat vermetel handel, of hy in die land gebore is of 'n vreemdeling, dié smaad die HERE; en daardie siel sal onder sy volk uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die persoon wat egter opsetlik oortree, inwoner of vreemdeling, beledig die Here. Daardie persoon moet uit die volk verwyder word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en die siel moet uitgeroei word onder sy volk uit. |
| Afrikaans 1983 | “Maar die landsburger of vreemdeling wat moedswillig sondig, doen My, die Here, oneer aan en hy moet van sy volk afgesny word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die persoon onder die landsburgers en die vreemdelinge wat dit uitdagend doen – dit is met die Here wat hy spot. Hierdie persoon sal uit die midde van sy volk uitgeroei word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ook gesê: “Maar wanneer 'n Israeliet of 'n vreemdeling 'n fout maak, en hy weet dat hy verkeerd doen, maar hy doen dit, dan wys hy dat Ek nie vir hom belangrik is nie, en dan moet julle hom afsny van die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Indien iemand moedswillig sonde doen, het hy die Here se eer aangetas. Dit maak nie saak of die persoon ’n Israeliet is of ’n persoon van ’n ander afkoms wat by die Israeliete bly nie, maar dié persoon mag dan nie meer as deel van die volk van die Here beskou word nie. Die gemeenskap moet die rug vir so ’n persoon draai. |