Numbers 15:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en sal aan die HERE 'n vuuroffer bring, 'n brandoffer of 'n slagoffer in die nakoming van 'n gelofte of in 'n vrywillige offer of by julle feestye, om 'n lieflike geur aan die HERE te bring, van beeste of van beeste of van die kudde: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | kan iemand vir die Here ’n offer bring. Dit kan ’n brandoffer of enige ander offer wees. Dit kan bedoel wees om ’n belofte na te kom, as ’n vrywillige offer, of ’n offer gedurende ’n fees. Dit moet dan uit die beeste of die vee kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle 'n vuuroffer aan die HERE wil berei, 'n brandoffer of slagoffer -- deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye -- om vir die HERE 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei, |
| Afrikaans 1983 | en julle vir My, die Here, van julle beeste of kleinvee 'n vuuroffer wil aanbied wat vir My aanvaarbaar is, 'n brandoffer of 'n ander diereoffer om 'n gelofte te betaal of as vrywillige offer, of by julle feestye, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en julle bring 'n offergawe vir die Here, 'n •brandoffer of •maaltydoffer uit die beeste of kleinvee om 'n buitengewone gelofte te vervul; of tydens 'n vrywillige offer; of op julle feesdae om 'n aangename geur vir die Here te bring, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en een van julle wil vir My 'n vuur-offer gee wat vir My lekker ruik, 'n bees of 'n bok of 'n skaap om 'n brand-offer te wees, of 'n gelofte-offer, of 'n offer wat hy graag wil bring, of 'n offer op een van julle feeste, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |