Numbers 15:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Een wet sal julle hê vir hom wat deur onkunde sondig, sowel vir hom wat onder die kinders van Israel gebore is, sowel as vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand onopsetlik oortree, geld presies dieselfde reël vir sowel die vaste inwoner as die vreemdeling wat by julle bly.
Afrikaans 1933/1953 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef -- een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
Afrikaans 1983 Een en dieselfde wet geld vir elkeen wat onopsetlik gesondig het, of hy 'n gebore Israeliet is of 'n vreemdeling wat by julle woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gebore Israeliete onder julle en die vreemdelinge wat tussen julle tydelike verblyf het – dieselfde wet geld vir julle almal, vir elkeen wat 'n onopsetlike oortreding begaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar moet dieselfde wet wees vir Israeliete en vir die vreemdelinge wat by hulle woon, dit moet dieselfde wet wees vir al die mense wat foute maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is een en dieselfde wet wat geld vir die Israeliete sowel as die persone van ander afkoms wat by hulle bly.