Numbers 15:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet versoening doen vir die siel wat in onwetendheid sondig, as hy in onwetendheid sondig voor die aangesig van die HERE, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal die persoon se oortreding met die Here versoen. Die persoon sal vergeef word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet vir die persoon wat onopsetlik gesondig het, voor My versoening doen, en as die versoening vir hom gedoen is, sal die sonde hom vergewe word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet vir die persoon wat onopsetlik 'n oortreding begaan het, voor die Here versoening doen oor sy onopsetlike sonde. Hy moet vir hom versoening doen en dan sal dit hom vergewe word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester doen dan versoening vir die persoon wat die fout gemaak het. Die persoon het 'n fout gemaak en hy het sonde gedoen teen My, en die priester moet versoening doen vir hom, sodat Ek hom kan vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priester moet namens die persoon vir die Here om verskoning vra, waarna die Here die persoon sal vergewe. |