Numbers 15:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal vergewe word aan die hele vergadering van die kinders van Israel en die vreemdeling wat onder hulle vertoef; siende dat al die mense in onkunde was.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die Israeliete sal vergewe word, ook die vreemdeling en die hele gemeenskap, want dit was ’n onbedoelde oortreding.
Afrikaans 1933/1953 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
Afrikaans 1983 Die hele gemeente van Israel en die vreemdeling wat by hulle woon, sal vergewe word, want hulle het onopsetlik gesondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volksvergadering van die Israeliete en die vreemdeling wat tydelik tussen julle verblyf het, sal vergewe word, want die hele volk was betrokke by die onopsetlike oortreding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die hele vergadering van die Israeliete vergewe en ook die vreemdelinge wat tussen hulle woon, want dit is al die mense van die volk wat die fout gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat verkeerd gedoen het, sal vir hierdie fout vergewe word, Israeliete sowel as persone van ander afkoms wat by hulle bly.