Numbers 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want dit is onkunde; en hulle moet hul offer bring, 'n vuuroffer aan die HERE, en hul sondoffer voor die aangesig van die HERE vanweë hul onkunde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester moet versoening bring vir die hele gemeenskap van die Israeliete. Dit sal hulle vergewe word. Dit was nie ’n doelbewuste oortreding nie. Hulle het tog ’n vuuroffer en ’n sonde-offer vir die Here gebring vir hulle oortreding. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en hulle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet vir die hele gemeente van Israel versoening doen, en hulle sal vergewe word, want dit was onopsetlik, en hulle het vir hulle onopsetlike sonde hulle vuuroffer en hulle sondeoffer vir My gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet vir die hele volksvergadering van die Israeliete versoening doen. Dit sal hulle vergewe word, want dit is 'n onopsetlike sonde. Hulle het dan hulle offer as 'n offergawe aan die Here gebring, asook hulle reinigingsoffer voor die Here vir hulle onopsetlike oortreding. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester doen dan versoening vir die hele vergadering van die Israeliete, en Ek sal hulle vergewe, want dit was 'n fout, maar hulle het hulle offers gegee, die vuur-offer vir My, en ook die sonde-offer vir die fout wat hulle gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder moet die priester ook namens die volk by die Here verskoning vra vir wat hulle verkeerd gedoen het. Dan sal die Here hulle vergewe omdat hulle nie moedswillig die sonde gedoen het nie en omdat hulle die offers gebring het wat die Here voorskryf. |