Numbers 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal dit wees, as dit deur onkunde begaan word sonder die medewete van die vergadering, dat die hele vergadering een jong bul as brandoffer, as lieflike geur aan die HERE, saam met sy spysoffer en sy drankoffer moet berei, volgens die voorskrif, en een bokram as sondoffer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As dit nie doelbewus gebeur het nie en die gemeenskap het nie daarvan geweet nie, moet die hele gemeenskap ’n jong bul as brandoffer bring om vir die Here vreugde te gee. ’n Graanoffer soos dit voorgeskryf is, ’n drankoffer en ’n bokram as sonde-offer moet saamgebring word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer. |
| Afrikaans 1983 | As dit onopsetlik gedoen is sonder dat die gemeente daarvan bewus was, moet die hele gemeente 'n jong bul as brandoffer berei wat deur My, die Here, aanvaar word. Hulle moet dit berei saam met die voorgeskrewe graan- en drankoffer, en 'n bokram as sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit onopsetlik gedoen is, sonder die medewete van die volksvergadering, moet die hele volksvergadering een jong bul as 'n •brandoffer bring saam met die bypassende graan- en drankoffer, soos bepaal word, as 'n geurige offer vir die Here, asook een bokram as 'n •reinigingsoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle 'n fout gemaak het, maar die volksvergadering het nie geweet dat dit 'n fout is nie, dan moet die hele vergadering 'n bul gee om 'n brand-offer te wees wat vir My lekker ruik. Hulle moet dit gee saam met die koring-offer en die drank-offer wat hulle saam met die brand-offer moet bring, en ook 'n bok-ram om 'n sonde-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet die hele volk bymekaarkom en ’n jong bul as ’n brandoffer en ’n bokram aan die Here offer om te wys hulle is jammer oor hulle sondes. Hulle moet dit offer saam met die gewone graan- en drankoffers. As hulle dit doen, sal die Here hulle sondes vergewe. |