Numbers 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet 'n koek van die eerste van julle deeg as hefoffer bring; soos julle die hefoffer van die dorsvloer doen, so moet julle dit hef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die eerste growwe meel wat julle maal, moet julle ’n ringbrood bak wat julle kan offer aan God as ’n geskenk wat van die dorsvloer af kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | As eersteling van julle growwe meel moet julle 'n koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee. |
| Afrikaans 1983 | Offer 'n ringbrood van julle eerste growwe meel, en bied dit aan as 'n offergawe van julle dorsvloer af. So moet julle dit offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van julle eerste baksel moet julle 'n ringbrood as wydingsgeskenk eenkant sit. Soos die wydingsgeskenk van die dorsvloer, so moet julle dit eenkant sit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir My 'n rondebrood gee van die eerste deeg wat julle knie. Julle moet dit gee om 'n offer van die dorsvloer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die heel eerste growwe meel wat julle maal om brood te bak moet julle vir die Here ’n brood bak as ’n spesiale geskenk van dank vir die oes wat Hy julle gegee het. Dit is julle offer wat van die dorsvloer af kom. |