Numbers 15:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle woonplekke kom wat Ek aan julle gee, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gee en julle daar gevestig is, |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee, |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir die Israeliete: As julle in die land kom wat Ek vir julle as woonplek gee, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer julle in die land van julle vaste verblyf kom wat Ek vir julle gaan gee, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gee om in te woon, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [2-3] “As julle in die land kom wat Ek vir julle gaan gee om in te bly en julle wil brandoffers en slagoffers vir My bring, is daar sekere voorwaardes wat julle moet nakom. So ’n offer mag ’n vrywillige offer wees, of ’n offer omdat iemand ’n belofte aan My gemaak het, of selfs ’n offer wat julle by een van die feeste vir My wil bring. So ’n offer moet dan ’n dier uit julle kuddes wees, ’n bees of een van julle kleinvee. Dit is al wat Ek sal aanvaar. |