Numbers 15:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Een insetting moet wees vir julle sowel uit die vergadering as vir die vreemdeling wat by julle vertoef, 'n ewige insetting in julle geslagte; soos julle is, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
Afrikaans (NLV) 2011 In die gemeenskap geld een en dieselfde reël vir jou en vir die vreemdeling. Dit is dieselfde reël vir alle geslagte. Voor die Here is jy en die vreemdeling dieselfde.
Afrikaans 1933/1953 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
Afrikaans 1983 Daar moet in die gemeente dieselfde voorskrif wees vir julle en vir die vreemdeling wat by julle woon. Dit is 'n vaste voorskrif vir julle nageslag dat die vreemdeling net soos julle moet wees voor die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die geloofsgemeenskap betref – een vaste voorskrif geld vir julle en vir vreemdelinge wat tydelike verblyf het. Dit is 'n vaste voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld. Voor die Here is vreemdelinge net soos julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volksvergadering moet altyd dieselfde wet gebruik vir julle en vir die vreemdelinge wat by julle of julle nageslag woon, julle en die vreemdelinge is dieselfde vir My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [15-16] Vir almal wat ’n offer wil bring, geld presies dieselfde reëls. Hierdie reëls bly ook in die toekoms geldig vir Israeliete en die persone van ’n ander afkoms wat by julle bly.”