Numbers 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of iemand wat onder julle in julle geslagte is, en 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring; soos julle doen, so sal Hy doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat tydelik by julle bly of ’n buitelander is wat permanent tussen julle woon, moet presies dieselfde doen wanneer hy ’n offer wil bring wat vir die Here aangenaam sal wees.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei -- soos julle doen, so moet hy doen.
Afrikaans 1983 'n Vreemdeling wat by julle woon, of iemand wat reeds vir geslagte onder julle is, moet ook 'n vuuroffer aanbied wat deur My aanvaar word. Hy moet presies dieselfde doen as julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer 'n •vreemdeling wat tydelik by julle verblyf het, of iemand wat al geslagte lank by julle woon, 'n offergawe, 'n geurige offer vir die Here bring, moet hy dit net soos julle doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer daar by julle of julle nageslag vreemdelinge of ander mense woon, en een van hulle wil vir My 'n vuur-offer gee wat lekker ruik vir My, dan moet hy doen soos julle doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar iemand is wat van ’n ander volk is en by julle bly, of dit nou tydelik of permanent is, en daardie persoon wil ook ’n offer bring wat vir die Here aanvaarbaar is, geld dieselfde reëls.