Numbers 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet dit gedoen word vir een bul of vir een ram, of vir 'n lam of 'n bokkie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So moet jy maak met elke bul, of ram, of lam, of bok wat jy offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by 'n lam van die skape of van die bokke. |
| Afrikaans 1983 | Elke bul, elke ram of lam van skape of bokke moet so aangebied word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So moet dit gedoen word vir elke bul, elke jong ram of stuk kleinvee uit die skape of bokke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit doen saam met elke bul of skaap-ram, elke skaap-lam of bok-lam wat julle offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Elke bul en elke ram en elke skaap- of bokram moet aangebied word soos Ek nou vir julle voorgeskryf het vir die offer. |