Numbers 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet as drankoffer 'n halwe hin wyn bring, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ook hier moet jy ’n drankoffer bysit van twee liter wyn. Dit sal ’n offer wees wat vir die Here vreugde verskaf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir die drankoffer moet jy 'n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Bring ook ongeveer twee liter wyn as drankoffer. “So sal dit 'n vuuroffer wees wat deur My, die Here, aanvaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet ook 'n halwe hin wyn as drankoffer bring; dit is 'n offergawe, 'n geurige offer vir die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy moet ook 'n halwe hin wyn gee om 'n drank-offer te wees. Dit moet 'n vuur-offer wees wat lekker ruik vir My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bring ook twee liter wyn vir die drankoffer saam. Ek hou van so ’n vuuroffer se geur. |