Numbers 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees net nie opstandig teen die HERE nie, en vrees nie die volk van die land nie; want hulle is vir ons brood; hulle verdediging is van hulle afgewyk, en die HERE is met ons; vrees hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie teen die Here in opstand kom nie! Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers. Hulle het geen beskerming nie. Die Here is met ons. Moenie bang wees nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie! |
| Afrikaans 1983 | Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die Here moet julle net nie in opstand kom nie. Julle moenie bang wees vir die volk van die land nie, want hulle is 'n maklike prooi vir ons. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Moenie vir hulle bang wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dan moet julle nie opstandig wees teen die Here nie en julle moenie bang wees vir die mense in die land nie. Ons sal hulle maklik oorwin. Niemand sal hulle kan beskerm nie. Die Here is by ons, julle moenie bang wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet asseblief nie die Here se gesag nou uitdaag nie. Moet ook nie vir die land en sy inwoners bang wees nie, ons kan hulle maklik oorrompel. Hulle afgode waarop hulle staatmaak, sal hulle nie kan help nie, want die Here is aan ons kant. Moenie vir daardie spul bang wees nie!” |