Numbers 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe val Moses en Aäron op hulle aangesig voor die hele vergadering van die vergadering van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses en Aäron het voor die gemeenskap van die Israeliete neergeval.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 Moses en Aäron het toe voor die hele vergadering van Israeliete wat daar saam was, op hulle knieë geval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses en Aäron het op hulle gesigte neergeval voor die hele byeenkoms van die volksvergadering van die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron het daar voor die volksvergadering, voor die vergadering van die Israeliete, gaan lê met hulle gesigte teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses en Aäron het uit pure moedeloosheid op hulle knieë voor die volk gaan staan.