Numbers 14:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die Amalekiete afgekom en die Kanaäniete wat op daardie heuwel gewoon het, en hulle het hulle verslaan en hulle in verwarring gebring tot by Horma. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Amalekiete en die Kanaäniete wat daar in die heuwelgebiede gebly het, het van bo af gekom, hulle aangeval en tot by Horma verjaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in die gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma. |
| Afrikaans 1983 | Die Amalekiete en Kanaäniete wat in daardie Bergland woon, het afgekom en hulle verslaan en uitmekaar gejaag tot by Gorma. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Amalekiete en Kanaäniete wat op daardie bergland woon, het afgekom. Hulle het die volk verslaan en hulle uitmekaar laat spat tot by Gorma. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Amalekiete en die Kanaäniete wat in daardie berge gewoon het, het afgekom en hulle het die Israeliete oorwin. Hulle het die Israeliete na al die kante toe gejaag tot by die stad Gorma. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Amalekiete en Kanaäniete wat in daardie gebied gebly het, het hulle aangeval en hulle ’n verpletterende neerlaag toegedien. Hulle het die Israeliete tot by Gorma teruggedryf. |