Numbers 14:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle was vermetel om op die top van die heuwel op te gaan; nogtans het die verbondsark van die HERE en Moses nie uit die laer weggetrek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het nogtans voortgestorm na die heuwelgebied toe. Die ark van die Here se verbond en Moses het egter in die kamp agtergebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was egter vermetel genoeg om tog na die hoë Bergland toe te begin trek. Maar Moses en die verbondsark van die Here het nie die kamp verlaat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was egter vermetel genoeg om na die kruin van die berg op te trek, terwyl die verbondsark van die Here, en Moses, nie die kamp verlaat het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Israeliete was hardkoppig, hulle het opgegaan na die berge, en die verbondskis van die Here het in die kamp gebly. Moses het ook daar gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die volk het hierdie waarskuwing geïgnoreer. Moses en die ark van die Here het toe nie saam met hulle gegaan toe hulle na die noordelike dele van die bergagtige gebied toe opgeruk het nie. |