Numbers 14:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afgewend is, daarom sal die HERE nie met julle wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die Amalekiete en Kanaäniete julle daar konfronteer, gaan julle met die swaard afgemaai word. Omdat julle julle rug op die Here gedraai het, is Hy nie meer saam met julle nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie. |
| Afrikaans 1983 | want die Amalekiete en Kanaäniete sal julle daar inwag, en julle sal om die lewe gebring word. Die Here sal nie by julle wees nie, omdat julle van Hom af weggedraai het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want dit is die Amalekiete en die Kanaäniete teen wie julle daar te staan sal kom. Julle gaan deur die swaard val, juis omdat julle van die Here weggedraai het. Die Here sal nie by julle wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, julle sal sterf in die oorlog omdat julle weggegaan het van die Here, Hy sal nie by julle wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Amalekiete en Kanaäniete wag vir julle. Hulle gaan julle doodmaak. Die Here is nie saam met julle in die geveg nie, julle het dan die rug vir Hom gedraai.” |