Numbers 14:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die môre vroeg opgestaan en hulle op die top van die berg geklim en gesê: Kyk, ons is hier en gaan op na die plek wat die HERE beloof het, want ons het gesondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die volgende oggend vroeg opgestaan en begin optrek na die heuwelgebied toe. Hulle het gesê: “Laat ons optrek na die land wat die Here vir ons beloof het. Ons het ’n fout gemaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe die oggend vroeg klaargemaak en na die hoë Bergland toe begin trek. “Ons was verkeerd,” het hulle gesê, “ons wil nou optrek na die plek toe wat die Here beloof het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die oggend vroeg opgestaan, na die kruin van die berg opgegaan en gesê: “Hier is ons! Ons sal optrek na die plek waarvan die Here gepraat het, want ons het gesondig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die oggend vroeg opgestaan en hulle wou opgaan in die berge. Hulle het gesê: “Hier is ons, ons het sonde gedoen, maar ons wil nou na die plek gaan wat die Here vir ons belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeg die volgende oggend het hulle kamp opgebreek en na die berge noord van hulle begin trek met die idee om die land van daar af in te neem. Hulle het besluit om op te trek na die land toe wat die Here beloof het. |