Numbers 14:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken, wat teruggekeer het en die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n laster oor die land te bring,
Afrikaans (NLV) 2011 Die tien mans wat Moses uitgestuur het om die land te gaan verken en wat teruggekom het en die gemeenskap teen God opgemaak het met die slegte gerug wat hulle oor die land versprei het,
Afrikaans 1933/1953 En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat nhulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n slegte gerug aangaande die land te versprei,
Afrikaans 1983 Die manne vir wie Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele volk teen Moses in verset laat kom het deur die slegte gerug oor die land te versprei,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat teruggekeer het en die hele volksvergadering teen die Here laat mor het deur 'n gerug oor die land te versprei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het manne gestuur om te gaan kyk na die land. Die manne het teruggekom en hulle het vals stories oor die land vertel. Hulle het die hele volksvergadering opstandig gemaak teen Moses en hulle het vir Moses beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [36-37] Die Here het toe die tien spioene wat die volk met hulle bangmaakstories om die bos gelei en teen Hom in opstand laat kom het, net daar laat doodgaan. ’n Vreemde siekte het hulle dood veroorsaak.