Numbers 14:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek, die HERE, het gesê: Ek sal dit sekerlik doen aan hierdie hele bose vergadering wat teen My vergader het; in hierdie woestyn sal hulle verteer word, en daar sal hulle sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, die Here, het dit gesê! Ek sal dit met elkeen laat gebeur wat teen my saamgesweer het. In hierdie selfde woestyn sal elkeen van hulle doodgaan!”
Afrikaans 1933/1953 Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.
Afrikaans 1983 Ek, die Here, het dit gesê, Ek sal dit beslis doen aan hierdie slegte volk wat teen My saamgespan het: hulle sal in hierdie woestyn omkom en hier sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, die Here, lê 'n eed af. Dit is wat Ek gaan doen aan hierdie bose volksvergadering wat teen My saamgekom het: In hierdie woestyn sal hulle vergaan, hier sal hulle sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, die Here, het gepraat. Ek sal dit doen aan hierdie slegte volk wat in hierdie woestyn opstandig was teen My. Hulle sal almal hier sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek belowe julle, Ek gaan al hierdie dinge laat gebeur met hierdie slegte klomp mense wat teen My in opstand gekom het. Hulle sal almal hier in die woestyn doodgaan. Ek, die Here, sê dit!”