Numbers 14:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens die getal van die dae waarin julle die land verken het, veertig dae, elke dag vir 'n jaar lank, moet julle julle ongeregtighede dra, veertig jaar, en julle sal my belofte verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir elkeen van die 40 dae wat julle die land verken het, sal julle vir julle oortreding betaal. Julle sal 40 jaar in die woestyn bly. Julle sal leer wat dit is om My as vyand te hê.
Afrikaans 1933/1953 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.
Afrikaans 1983 Julle het die land veertig dae lank verken. Julle sal veertig jaar, een jaar vir elke dag, die gevolge van julle ongeregtigheid moet dra. Dan sal julle besef wat dit beteken om My teen julle te hê.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Volgens die getal dae wat julle die land verken het, naamlik veertig dae, sal julle sondeskuld moet dra, 'n jaar vir elke dag – dus veertig jaar lank. Dan sal julle weet wat dit beteken om My te dwarsboom.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het manne gestuur om 40 dae lank te kyk hoe die land lyk, en Ek sal julle 'n jaar lank straf vir elke dag. Julle sal 40 jaar lank die straf moet dra vir julle sonde, julle sal weet dat Ek kwaad is vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat julle verspieders 40 dae lank in die land was om dit deur te kyk, sal julle nou vir julle straf ’n volle 40 jaar lank in die woestyn rondtrek. Vir elke dag wat hulle daar was, sal julle een jaar lank die gevolge van julle sonde moet dra. Dan sal julle agterkom hoe dit voel om My as julle vyand te hê.